Hoekom mense na my verwys

heindeBruin_04_small_03 logo alleen

U sal mos ook vir iemand sê sy wiel is pap, of hoe?

’n Paar jaar gelede  staan ek by ’n garage in Kimberley en wag dat die joggie petrol in my kar moet gooi. Terwyl ek so staan en dink aan al my sondes, kom ’n verslonsde man na my aangestap. Net toe ek dink hy wil iets bedel, sê hy beleefd: “Meneer…” en wys na my linker agterwiel.

Die band van dié wiel was so te sê heel pap. Ek bedank hom hartlik, want as hy my nie daarop gewys het nie, sou ek gery het en skaars twee kilometer vêrder teen wil en dank moes stop om die papwiel met die noodwiel om te ruil. En, dit op ’n baie besige pad met gevaarlik min spasie vir sulke dinge.

Die garage se mense het heel vriendelik my band afgehaal, herstel en die wiel weer teruggesit. Vir ’n appel en ’n ei. Wat ’n plesier.

Ek sou graag my weldoener nog ’n keer wou bedank dat hy my van ’n gewisse verknorsing gered het, maar hy was al skoonveld. Al wat hy gedoen het — sonder om enige vergoeding te verwag — is om my op ’n bestaande probleem, behoefte, te wys wat my in die gesig gestaar het, maar waarvan ek nie bewus was nie. Hy het onbaatsugtig my belange op die hart gedra.

Nou vra ek u mooi om presies dieselfde te doen

Dit is eenvoudig verstommend hoeveel mense nie lid van ’n mediese skema is nie, of op die verkeerde skema of opsie is, of geen aanvullende dekking het nie. Of nie die regte hulp en diens kry nie. Die ergste is, hulle gaan eers agterkom dat hul wiel pap is, as dit te laat is.

Waarsku hulle, sodat hulle betyds iets daaromtrent kan doen, vóór ’n ernstige siekte, ongeluk of aanranding hul tref. Nie net vir hul onthalwe nie, maar ook ter wille van u gewete.

Vertel u ouers, kinders, broers, susters, familie, kollegas, klante, kliënte, pasiënte, personeel, vriende en selfs vyande van my, sodat ek hulle kan help om by die regte mediese skema aan te sluit, of dalk na ’n beter opsie te verander, of aanvullende dekking te kry. Hulle te help met moontlike probleme wat reeds bestaan of wat vir hulle lê en wag.  As’t ware hul pap band reg te maak.

Kontak my

Altyd so na aan u as die naaste foon of rekenaar

heindeBruin_04_print_03 - KopstukB.Proc.  N.Dip.(Bemarking)
Finansiële Diensverskaffer — Lisensie 8840
Gesondheidsorgmakelaar — Akkreditasie BR 285
Geakkrediteerde PPS Makelaar — M/Kode 124314907

Taalversorger Dr. Lariza Hoffman

© 2011 — 2019  Alle regte voorbehou deur Heinré de Bruin