Skemas betaal nie alles nie

heindeBruin_04_small_03 logo alleen

Die realiteit

Ongelukkig is lidmaatskap van ’n mediese skema nie meer voldoende om behoorlik voorsorg teen die uitmergelende finansiële gevolge van ongelukke, siektes en aanrandings te tref nie. Die realiteit is dat skemas en hul opsies nie volmaak is nie.

Gelukkig is daar bekostigbare skemaversterkers beskikbaar om baie van dié gate toe te stop en sodoende u gemoedsrus uitermate te verhoog.

Hier is enkele voorbeelde om u ’n idee te gee waaroor dit gaan:

Sal u opsie Die Gaping betaal?

’n Spesialis, dokter of narkotiseur mag jou heelwat meer vra as wat jou opsie bereid sal wees om te betaal. As jy nie dekking vir hierdie verskil (die Gaping) het nie, moet jy self ten duurste opdok.

Wie gaan die orige R500 000 betaal?

’n Algemene oorhoofse limiet van 1 Miljoen Rand, byvoorbeeld, klink na ’n klomp geld. Maar, as jy by jou limiet verbyskiet en die finale rekening beloop 1,5 Miljoen Rand… wat dan?

Betaal éérs, dán sal ons jou opneem

As jou senuwees op hol is oor ’n naderende operasie, is ’n stywe voorafbetaling die laaste ding waarvoor jy lus het. Veral as mens dit nie werklik kan bekostig nie.

MRB-skandering van die brein. Sal u moet inbetaal?

Dekking vir gespesialiseerde radiologie, soos RT- en MRB-skanderings (CT & MRI scans), is dikwels heeltemal te min. Dit kan jou sak lelik ruk.

Kan u die interne prostese bekostig?

Interne prosteses is alles behalwe goedkoop. By ’n gewone knievervanging praat mens gou van R30 000 tot R40 000. Vir ’n heup, van R35 000 tot R45 000. Wat nog te sê van ’n onklaar prostese wat vervang moet word. Baie skema-opsies se dekking hiervoor is maar bra pateties. Kry dus ekstra dekking hiervoor.

Onvoldoende kankerdekking kos u dalk nog u lewe

Sal u opsie alles betaal? Sal u voordele halfpad opdroog? Sal u die behandeling moet staak, of tevrede moet wees met die tweede-beste, net omdat u nie die duurder en beter behandeling kan bekostig nie?

Die skema betaal die rekeninge. Wie betaal die skema?

Veral professionele persone, sakemanne/-vroue en boere is kwesbaar. Die skema sal betaal, solank u die skemabydrae betaal. Maar, wat as u geld na langdurige verblyf in die hospitaal opdroog en u niks meer het om u bydraes mee te betaal nie? As mens nie jou bydraes betaal nie, kanselleer hulle jou lidmaatskap en jy moet self verder opsnork. Die antwoord is goeie inkomstebeskerming.

Gevreesde siektes bring nie net mediese koste mee nie

Iets soos kanker, beroerte, ’n hartaanval, blindheid, begin maklik ’n kettingreaksie van nie-mediese kostes wat holderstebolder eskaleer en kan lei tot jou bankrotskap. Voldoende traumaversekering is ’n moet.

Selfs begrafnisdekking is baie belangrik

Mens wil nie graag hieroor praat nie, maar ongelukke, siektes en aanrandings se uiteinde is meer as dikwels die dood. Die regte begrafnisdekking handhaaf menswaardigheid in tragiese omstandighede en sal help om die hartseer vir diegene wat agterbly, ietwat draagliker te maak.

Die oplossing

Skakel die leemtes van u gesondheidsorgdekking grotendeels uit deur betyds die regte skemaversterkers uit te neem. Dit is maklik, dit is bekostigbaar, dit is noodsaaklik.

Kontak my

Altyd so na aan u as die naaste foon of rekenaar

heindeBruin_04_print_03 - KopstukB.Proc.  N.Dip.(Bemarking)
Finansiële Diensverskaffer — Lisensie 8840
Gesondheidsorgmakelaar — Akkreditasie BR 285
Geakkrediteerde PPS Makelaar — M/Kode 124314907

Taalversorger Dr. Lariza Hoffman

© 2011 — 2019  Alle regte voorbehou deur Heinré de Bruin