Onderstaande is vir u beskerming — Lees dit!
Regstatus
Ek bedryf my praktyk as ’n eenmansaak, alleen-eienaar, en is ook die sleutelpersoon daarvan.
Ek aanvaar aanspreeklikheid vir my regshandelinge en die advies wat ek u gee, mits die inligting wat u aan my verskaf en waarop my advies gegrond is, volledig, waar, juis en korrek is. Inligting beteken inligting wat binne u persoonlike kennis val of wat redelikerwys geag kan word binne u persoonlike kennis te wees.
Die afgelope 12 maande het Fedhealth meer as 30% van my inkomste betaal. Geen beperkings of voorwaardes is deur enige produkverskaffer op my gelê nie.Ek het geen finansiële of ander belang of aandeel in enige produkverskaffer nie.
Nakoming
Ek is ’n Kategorie I Finansiële Diensverskaffer sonder ’n Nakomingsbeampte en is die interne persoon verantwoordelik vir die nakoming van alle toepaslike regsvoorskrifte.
Produkverskaffers en gemagtigde finansiële dienste
Ek is ’n gemagtigde tussenganger vir ’n hele aantal mediese skemas en versekeraars en is gelisensieer om advies aangaande hul produkte gee. ’n Volledige lys is op aanvraag beskikbaar.
Professionele Indemniteitsversekering
Ek beskik oor sodanige versekering: Polisnommer B/AMO/15/0593c
Klagtes
Daar is prosedurereëls wat u moet volg as u ’n klagte het. Die reëls is by my op aanvraag beskikbaar.
Onvolledige en Onvoltooide dokumente
U moet nooit enige geskrewe, getikte of gedrukte vorm of dokument onderteken, tensy alle tersaaklike besonderhede daarop reeds deur uself, of iemand namens u, volledig ingevul is nie. Lees dit deur en maak seker dat u die inhoud daarvan verstaan, voordat u dit onderteken.
U moet hierdie advies altyddeur ter harte neem, ongeag wie en in welke hoedanigheid ook al, iemand u sou vra om kontra dit op te tree.
Afstanddoening van regte
Nóg ek, nóg iemand anders namens my, mag u versoek of oorreed om van enige van die regte of voordele wat die Algemene Gedragskode vir Finansiële Diensverskaffers aan u verleen, afstand te doen.
ʼn Afskrif van hierdie gedragskode is van my op aanvraag beskikbaar.
Algemeen
Wanneer u dokumente of vorms voltooi, moet u alle tersaaklike inligting en feite openbaar en seker maak dat dit waar, juis en korrek is. U alleen is verantwoordelik vir die akkuraatheid, juistheid en volledigheid van die antwoorde, verklarings en inligting wat u, of iemand anders namens u, aan my of ’n produkverskaffer gee.
Dit geld vir elke aansoek, aanbod, bestelling, opdrag in verband met die belegging in of die aankoop van enige finansiële produk, of die wysiging/verandering daarvan.
Die produkverskaffer mag die transaksie kanselleer as dit blyk dat ’n tersaaklike feit wanvoorgestel is, nie openbaar is nie, of op onware inligting gerond is.
U inligting by my is geheim. Ek sal dit net aan iemand anders openbaar:
01 as u my daartoe skriftelik magtig;
02 as ’n landswet my daartoe verplig;
03 as u my daartoe by implikasie magtig, soos om namens u ’n aansoek by ’n produkverskaffer in te dien.
Kontak my
Altyd so na aan u as die naaste foon of rekenaar
B.Proc. N.Dip.(Bemarking)
Finansiële Diensverskaffer — Lisensie 8840
Gesondheidsorgmakelaar — Akkreditasie BR 285
Geakkrediteerde PPS Makelaar — M/Kode 124314907
Taalversorger Dr. Lariza Hoffman
© 2011 — 2019 Alle regte voorbehou deur Heinré de Bruin
