Maak jou stem dik
Raak jy ook aan die begin van elke jaar ontnugter met jou mediese skema? Voordele en bydrae wat onderskeidelik met meedoënlose reëlmaat verminder en vermeerder?
Wel, jy kan iets omtrent jou gramskap doen
Woon jou skema se Algemene Jaarvergadering by. Raak aktief by jou skema betrokke. Soos met ander dinge in die lewe, as jy nie betrokke is nie, het jy nie ’n reg tot kritiek nie; as jy betrokke is, het jy nie alleen ’n reg tot kritiek nie, maar ook ’n plig.
Datum, Tyd en Plek
Maak seker wanneer, hoe laat en waar jou skema se Algemene Jaarvergadering gehou gaan word. Gaan sê jou sê.
Kontak my
Altyd so na aan u as die naaste foon of rekenaar
B.Proc. N.Dip.(Bemarking)
Finansiële Diensverskaffer — Lisensie 8840
Gesondheidsorgmakelaar — Akkreditasie BR 285
Geakkrediteerde PPS Makelaar — M/Kode 124314907
Taalversorger Dr. Lariza Hoffman
© 2011 — 2019 Alle regte voorbehou deur Heinré de Bruin
